Pulitzerprys vir Drama

 Pulitzerprys vir Drama 

Pulitzer-medaljes
Pulitzer-medaljes
Toegeken vir Uitnemendheid in literêre Drama
Borg Columbia-universiteit
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datum Jaarliks rondom April
Eerste toekenning 1918
Webtuiste pulitzer.org

Die Pulitzerprys vir Drama, een van die onderafdelings van die Amerikaanse Pulitzerprys, is die eerste keer in 1918 toegeken.

Vanaf 1918 tot 2006 was die nominasieperiode van die Dramaprys anders as al die ander Pulitzerpryse: gedurende hierdie tydperk was die periode vanaf 2 Maart tot 1 Maart, om die 'seisoen' van Broadway te reflekteer eerder as die kalenderjaar. Sedert 2007 is dié prys in lyn met al die ander toekennings gebring met 'n nominasieperiode vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.

Die drama-jurie bestaan uit een persoon met 'n akademiese posisie en vier resensente. Die groep woon toneelstukke in New York en in streeksteaters by, en nomineer dan die kandidate. Die Pulitzerraad behou die reg toe om nie die juriekeuses te aanvaar nie, soos in die geval van 1986 se toekenningsjaar. In dié jaar was daar wel 'n juriekeuse – The CIVIL warS – maar geen toekenning is gemaak nie. Weens die raad se beswaar teen die toentertydse kontroversiële gebruik van vloekwoorde en seksuele temas in Edward Albee se beroemde Who's Afraid of Virginia Woolf? in 1963, is die juriekeuse ook oor die hoof gesien. Sou Albee die toekenning gekry het, sou hy saam met Eugene O'Neill die meeste toekennings (vier) vir die Pulitzerprys vir Drama gehad het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search